- This event has passed.
Kalfiefees 2023 Opening: Ek en die Blues… Valiant Swart
August 8, 2023 at 6:00 pm
R175.50 – R195
Met sy kenmerkende kitaar en bekfluitjie het Valiant Swart al baie harte gesteel.
Die jaar gaan die plaaslike inwoner van Onrus die Kalfiefees open met sy produksie Ek en die Blues. Dis vir my ‘n eer om Kalfiefees 2023 te open. My konsert bestaan uit die liedjies en stories wat ek nou al vir meer as 30 jaar na die verhoog bring; sommiges laf en vrolik, ander meer ernstig. Ek reik vanjaar ook ‘n splinternuwe album uit – die eerste een in sewe jaar – so daar is ‘n hele aantal nuwe liedjies wat lugtyd gaan kry, tesame met ou gunstelinge soos “Sonvanger” en “Eyeshadow”, en, natuurlik, die blues.