Loading Events

« All Events

  • This event has passed.

Botswana River Party met Valiant Swart

September 22, 2023 - September 24, 2023

R950

Kom kuier en kamp saam in Botswana met Valiant Swart vir die jaarlikse “Riverparty”. Ons kamp in die ongerepte natuur aan die wal van ‘n Botswana rivierloop. Kuier lekker in die sand om ‘n vuur met Valiant wat ons vermaak. Vertonings begin saans Vrydag 22 Sep. en Saterdag 23 Sep. so 19h00/ 19h30. Hout en ys is by jou kaartjie ingesluit en genoeg ablusie geriewe is ook beskikbaar. Die kampplek is reg al vanaf Donderdag 21 September om 14h00 en as julle nog Sondagaand (24 Sep) wil kuier is dit ook reg om eers Maandag, 25 September te vertrek. Jou kaartjie sluit albei vertonings en jou kampplek in. Jongelinge 15 en onder is gratis. Bring jou kampkos en drinkgoed en kom saam vir 2 eksklusiewe aande met Valiant Swart.

Waar? Beplan maar self jou roete na Francistown en van daar volg die A1 noord na die Zimbabwe grens for nog 54 km tot by ‘n “village” Tshesebe. Dit is goeie teerpad tot daar en dan net so 4 km tot die “spot”. Volg dan net aanwysings.. Slegs 4×4.

Details

Start:
September 22, 2023
End:
September 24, 2023
Cost:
R950
Event Category:
Website:
https://itickets.co.za/events/474018

Venue

Ntshe River
Ntshe River, Tshesebe
Francistown, Botswana
+ Google Map
Phone
+26772815025
View Venue Website
Shopping Basket